Soos u kan sien dra die Worcester Standard vandeesweek ’n heel nuwe baadjie. Dit is as gevolg van die samesmelting van hierdie koerant met die Breederivier Gazette.

En behalwe dat nuus van nou af vanuit ’n breër spektrum oor die hele Breederivier- en Langebergvallei weekliks opgedis sal word – asook daagliks op Netwerk24 – sal die Worcester Standard & Breederivier Gazette nou elke week ’n gratis koerant wees.

Die koerant sal in die meeste woonbuurte – Worcester, Rawsonville, De Doorns, Touwsrivier, Robertson en Montagu – van deur tot deur versprei word.

Waar dit nie moontlik is nie, sal die koerant by alle winkels waar die Worcester Standard voorheen te koop was en die Breederivier Gazette tans beskikbaar is, beskikbaar wees.

Grootmaatverspreidingspunte is ook geïdentifiseer in nabygeleë buurdorpe waaronder Tulbagh, Wolseley, McGregor, Ashton, Bonnievale en Laingsburg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article