Die Worcester-speurdiens se gebou in Hoogstraat lyk verlate en erg vervalle. Die gras is lank, die verf dop af, daar is geen naamborde nie, en ’n mens sal sweer dit is onbeset.

Die jare kom en gaan, maar elke jaar lyk die gebou net nog slegter.

Hoe verwag die regering dat mense in sulke omstandighede moet werk, en werk van gehalte lewer? Hoe kan die werknemers wat daar werk, niks daaraan doen nie, en dit net aanvaar?

Ek loop elke dag daar verby en skud net my kop in skande dat nog ’n staatsgebou só lyk.


Chrissandra Voges,

Worcester

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article