Die Breedevallei se Gemeenskap-krieketvereniging het verlede Sondag (20 November) nóg ’n vlakkiekriekettoernooi aangebied, met die Clovers van Hexpark teen die Orchard United vlakkie-krieketspan, ook van Hexpark, wat teen mekaar gespeel het. Orchard United het die wedstryd met vyf paaltjies gewen, maar was gelykop in dié uitdunne teen die Orchards, Puma’s en Clovers. Nog uitdunne word op 4 Desember gespeel.


Worcester se vlakkiekrieket duur voort

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article