’n 37-jarige vrou van Worcester wie Woensdagmiddag spoorloos verdwyn het, is ongedeerd gevind.
Janine Coetzee (37), ’n werker by die Barnyard Deli in Hoogstraat het Woensdagmiddag om 13:30 haar werksplek verlaat om op middagete te gaan en is nie weer gesien nie.
Hierna is ’n noodkreet uitgestuur vir die publiek om op die uitkyk te wees vir Janine, weens kommer oor haar veiligheid.
Sy is egter laat Donderdag gevind. Volgens haar kollega is sy ongedeerd gevind en is “oukei”.
“Ek weet nie waar sy gevind was nie, ons wou haar nie nog verder uitvra nie.”
Sy het Woensdag op middagete gegaan en nie gesê waarheen sy gaan nie.





