Een van Worcester se bekende sangers, Ronnie Apollis (links), is onlangs vereer met ’n toekenning vir sy bydrae wat hy vir plaaslike musiek gelewer het. Die prys is deur die bekende radiopersoonlikheid Clarence Ford van die Cammissa-organisasie aan hom oorhandig. Apollis kom uit ’n musikale familie en het op 10-jarige ouderdom in die langarm-orkeste van sy neefs Johnny en Danny Apollis begin sing. Hulle het onderskeidelik die orkeste Nerina Brass en Danny’s Rhythmn Combo gehad. Hy was egter ook lid van verskeie poporkeste in Worcester, soos die Restless Children, Bacarasj en Green Apple. Ook het hy verskeie kere in die televisieprogram Noot vir Noot opgetree – eers as deelnemer en toe as gaskunstenaar. Mense in die Boland sal hom ook herken as ’n aanbieder van Karaoke en seremoniemeester by verskeie geleenthede.


Worcester-sanger vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article