’n Bekende sakeman van Worcester is vanoggend in ’n botsing met ’n vragmotor dood op die Brandvlei-pad.Foto: Ismail’s Towing


’n Bekende sakeman van Worcester is vanoggend dood in ’n noodlottige ongeluk wat plaasgevind het naby die Brandvlei-gevangenis buite Worcester.

Die ongeluk het in mistige weersomstandighede plaasgevind toe ’n passasiersvoertuig teen ’n vragmotor se treiler gebots het.

Die bestuurder van die voertuig het volgens die nooddienste op die toneel aan sy beserings gesterf.

Polisiewoordvoerder, sers. Vivienne Hurling-Jordaan, het die insident aan Standard bevestig.

Volgens ’n bestuurder van ’n insleepdiens van Worcester, het die ongeluk omstreeks 07:00 vanoggend (2 Junie) plaasgevind. Na bewering het die vragmotor die verkeerde afdraai geneem, en wou die “vragmoter agteruit ry om by die Tierkloof-afdraai om te draai”. Die passasiersvoertuig het toe uit die rigting van Brandvlei-gevangenis gery en waarskynlik te laat die vragmotor se treiler gesien en daarin vasgery.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd, en ’n saak van strafbare manslag word deur die Rawsonville-polisie ondersoek.

Lees volgende week se Standard vir verdere inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article