Die Worcester-rolbalklub se sakeliga begin weer volgende maand.
Die sakeliga word op 22 en 23 Februarie beslis.
Verdere wedstryde sal dan op 1, 2, 8 en 9 Maart gespeel word en die eindronde op 15 Maart.
Die drie beste spanne sal prysgeld, soos deur die rolbalklub bepaal, ontvang. . Kontak die rolbalklub by worcesterbowls@gmail.com.




