In die onlangse misdaadstatistieke het die Worcester-polisiekantoor redelik swak gevaar en in verskeie kategorieë onder die top-30 geval vir die tydperk vanaf Januarie tot Maart 2023.
Gemeenskap-aangemelde ernstige misdade
Suid-Afrika – 16de
Provinsiaal – 4de
In 2022 in dieselfde tydperk het hierdie sake op 1 574 gestaan terwyl dit in die eerste kwart van die jaar op 1 601 gestaan het.
Met ander woorde hierdie syfer het met ’n verskil van 27 (1,7%) gestyg.
Kontak-misdaad
Suid-Afrika – 26ste
Provinsiaal – 8ste
In 2022 is 622 sake gerapporteer terwyl daar in 2023 se eerste kwart 669 sake gerapporteer is. Die syfer het dus met 47 (7,6%) gerapporteerde sake verhoog.
Aanranding met die doel om ernstig te beseer
Suid-Afrika – 4de
Provinsiaal – 1ste
In dieselfde tydperk van 2022 is 137 sulke sake by die Worcester-polisiekantoor aanhangig gemaak terwyl daar in 2023 altesaam 210 sake gerapporteer is.
Die syfer het met 73 (53,3%) gestyg van die vorige jaar.
Algemene aanranding
Suid-Afrika – 6de
Provinsiaal – 4de
Hierdie syfer het met 45 (13%) afgeneem. In 2022 is 345 aanrandingsake geopen terwyl daar in 2023 altesaam 300 sake geopen is.
Opsetlike beskadiging van eiendom
Suid-Afrika – 6de
Provinsiaal – 6de
Hierdie syfer het met 27 (13,8%) sake afgeneem, waar daar verlede jaar 195 sake gerapporteer is, is 168 in 2023 gerapporteer.
Eiendom-verwante misdaad
Suid-Afrika – 28
Provinsiaal – 6de
In 2022 is 338 sulke sake gerapporteer terwyl daar 361 in 2023 gerapporteer is.
Dus het die syfer net met 23 (6,8%) sake opgegaan.
Inbraak by nie-residensiële persele
Suid-Afrika – 16de
Provinsiaal – 1ste
Altesaam 82 sake is in 2022 gerapporteer en 85 in 2023.
Dus is daar ’n verskil van 3 (3,7%) sake.
Diefstal uit motorvoertuie
Suid-Afrika – 23ste
Provinsiaal – 10de
Altesaam 113 sake is in 2022 gerapporteer in vergelyking met die 128 wat in 2023 gerapporteer is.
Dit is 15 (13,3%) meer sake.
Alle diefstal wat nie elders genoem word nie
Suid-Afrika – 25ste
Provinsiaal – 9de
Hierdie syfer het met 41 (12,5%) gedaal.
In 2022 is 328 sake van diefstal gerapporteer en in 2023 is 287 gerapporteer.
Misdaad bespeur as gevolg van polisie-optrede
Suid-Afrika – 11de
Provinsiaal – 10de
Hierdie syfer het toegeneem met 48 (12,9%).
In 2022 was daar 371 en in 2023 was daar 419.
Dwelmverwante misdaad
Suid-Afrika – 11de
Provinsiaal – 10de
In 2022 was daar 342 dwelmverwante sake in vergelyking met 379 in 2023. ’n verskil van 37 (10,8%).
Kontak-verwante misdaad
Suid-Afrika – 6de
Provinsiaal – 6de
Hierdie syfer het met 23 (11,7%) gedaal.
In 2022 is 197 sake aangemeld en in 2023 is 174 sake aangemeld.
Brandstigting
Suid-Afrika – 15de
Provinsiaal – 7de
In 2022 is ses brandstigtingsake by die polisie aangemeld en ses in 2023.
In geheel het kontak-misdaad, misdaad teen ’n persoon, met 3,8% gestyg in die Wes-Kaap. Hierdie sluit in:
. Moord – daal met 14,1%
. Seksuele misdrywe – daal met 10,7%
. Poging tot moord – daal met 7,0%
. Aanranding met die doel om ernstig te beseer – daal met 1,0%
. Algemene aanranding – styg met 3,7%
. Algemene roof – styg met 13,6%
. Roof met verswarende omstandighede – styg met 18,6%
Seksuele misdrywe: uiteensetting:
. Verkragting – daal met 9,9%
. Seksuele aanranding – daal met 14,1%
. Poging tot seksuele misdrywe – styg met 5,5%
. Kontak- seksuele misdrywe –daal met 29,2%.




