Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag teen Mountain Stars van De Doorns in die streek-uitdaagkompetisie van die BRU kragte gemeet. Die span het met 31-7, wat vir hulle ’n bonuspunt werd was, geseëvier en goeie rugby gespeel. Perseverance beklee tans die boonste posisie op die punteleer in die Breërivier-afdeling. Saterdag speel Worcester Perseverance in ’n wegwedstryd teen Evergreens van Nuy. Vir enige navrae, kontak Abdul Rashied Karriem by 073 350 8218 of Michael Hattingh by 078 161 4367.Foto: Reagan Julius

Credit: SYSTEM

Worcester Perseverance volhard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article