Die jongste misdaadstatistieke vir die eerste kwartaal vir die 2023-’24-jaar is bekend gemaak. Die eerste kwartaal strek van April tot Junie.
Die Worcester-polisiekantoor het in tien kategorieë onder die top-30 geval van polisiekantore met die hoogste tendense van hierdie misdade.
17 gemeenskapsverwante ernstige misdade
. Suid-Afrika – 28ste
. Provinsiaal – 8ste
Vir dieselfde kwartaal in 2022 is 1 367 sake gerapporteer in vergelyking met 1 379 in 2023. Dit wil sê die syfer styg met 12 (0, 9%) sake.
Poging tot moord
. Suid-Afrika – 23ste
. Provinsiaal – 3de
Hierdie syfer styg met 19 sake. In 2022 is 13 sake van poging tot moord by die Worcester-polisie aanhangig gemaak in vergelyking met 32 wat in 2023 aanhangig gemaak is.
Aanranding met die doel om ernstig te beseer
. Suid-Afrika – 14de
. Provinsiaal – 1ste
In 2022 is 109 sake van aanranding met die doel om ernstige te beseer aanhangig gemaak, en 158 in 2023. Die syfer styg met 49 (45,0%).
Algemene aanranding
. Suid-Afrika – 19de
. Provinsiaal – 8ste
Hierdie syfer het met 20 (9, 1%) sake gedaal. In 2022 is 219 aanrandingsake aanhangig gemaak, en 199 in 2023.Kontak-misdaad
. Suid-Afrika – 7de
. Provinsiaal – 6de
In 2022 is 157 sake aanhangig gemaak, en 163 in 2023. Dis ’n verskil van 6 (3,8%) sake.
Opsetlike beskadiging van eiendom
. Suid-Afrika – 7de
. Provinsiaal – 5de
Altesaam 155 sake is in 2022 aanhangig gemaak en 161 in 2023. Dis ’n verskil van 6 (3,9%) sake.
Inbraak by nie-residensiële persele
. Suid-Afrika – 14de
. Provinsiaal – 3de
Hierdie syfer bly dieselfde. In beide 2022 en 2023 is 70 sake aanhangig gemaak vir die tydperk van April tot Junie.
Alle diefstal wat nie elders genoem word nie
. Suid-Afrika – 25ste
. Provinsiaal – 8ste
Hierdie syfer daal met 6 (2,1%) sake. In 2022 is 285 sake aanhangig gemaak, en 279 in 2023.
Misdaad bespeur as gevolg van polisie-optrede
. Suid-Afrika – 16de
. Provinsiaal – 12de
Hierdie syfer styg met 5. In 2022 is 391 sake by die polisiekantoor aanhangig gemaak, en 396 in 2023.
Dwelmverwante misdaad
. Suid-Afrika – 12de
. Provinsiaal – 11de
Hierdie syfer het ook met 7 (1,9%) gedaal. In 2022 in 363 sake aanhangig gemaak, en 356 in 2023.



