Worcester Gimnasium het Saterdag 20 Augustus aan sy eerste Interskole teen die Hoërskool Hermanus deelgeneem. Ná ’n heerlike dag van sportmanskap, goeie gees, lekker sing op die paviljoen en saamkuier ná die tyd kon die Gimmies met die netbal-, hokkie-, skaak- en rugbybekers spog terwyl Hermanus met die gholfbeker weggestap het. Die Bosvarke het ook die algehele Interskole-beker verower. Lidia Hugentobler en Nuranah Jacobs, wat deel van die pom-poms was, het die leerders op die paviljoen tydens die naelbyt-rugbywedstryd aangemoedig. Foto:

Credit: SYSTEM

Worcester Gimnasium wen Interskole

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article