Worcester Gimnasium het op 4 Maart aan die WP/Wynland-toutrekkampioenskap deelgeneem en goed gevaar. Die 440 kilogram-meisiespan het ’n silwermedalje verower, terwyl die 480 kilogram-seunspan ’n goue medalje gewen het, en die 440 kilogram-seunspan ’n silwermedalje. Bo is die 440 kilogram-meisiespan. Van links is Susan Reid (gr. 11), Simoné de Villiers (gr. 12) Annlin Bouwers (gr. 12), Kaytlin Visser (gr. 12), Elmanay Wehr (gr. 10), Ané Snyman (gr. 12), Lisa Paulsen (gr. 12), en Lindsay Best (gr. 10).


Worcester Gim trek goud en silwer los

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article