Worcester Gimnasium se jaarlikse junior masterchef-kompetisie het op 2 Maart plaasgevind waar laerskoolgroepe van Worcester, die Wynland, Worcester-Noord Primêre Skool asook die Laerskool Worcester-Oos deelgeneem het. Die groepe se uitdaging was ’n gevulde hoenderborsie met groente, ’n wortelpuree en ’n kaassous. Mikayla Snygans en Kirsty-Joy Valentine van Worcester Primêre Skool het die laaste uitdunronde gewen. Links is Mikayla Snygans (links) en Kirsty-Joy Valentine saam met die aanbieder wat ook een van die vyf beoordeelaars was, PJ Lombard.


Worcester Gim hou masterchef-stryd

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article