Die verdagte in die Richard Murray-moordsaak het weer verlede week in die hof verskyn.

Murray se bebloede lyk is in Oktober deur twee mans naby die Worcester-dam gevind.

Daar is eers vermoed dat die oorledene selfdood gepleeg het, maar by verdere ondersoek en die voltooiing van die nadoodse ondersoek is bevind dat Murray vermoor is.

Hy het veelvuldige steekwonde aan sy lyf gehad.

Die beskuldigde in die saak, die 22-jarige Juchrist de Lange, is etlike dae ná die moord in hegtenis geneem.

Die saak is tot 25 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article