’n Aksiebelaaide bok-in-die-hok-dag (dodgeball-dag) word op 29 Junie by die Hoërskool Montana se velde deur Louw & Van Deventer-rekenmeesters aangebied.
Verskeie ondernemings gaan mekaar uitdaag om as Worcester se bok-in-die-hok-kampioen gekroon te word. Geld wat op die dag ingesamel word, word aan die Herberg-kinderhuis in Robertson geskenk.
Die Worcester-gemeenskap word genooi om die ondernemings te kom ondersteun. Daar sal ook talle lekker stalletjies wees, wat insluit ’n groot verskeidenheid kosstalletjies en kindervermaak, met lootjies te koop om lekker pryse te wen.
Die toegangsfooi is R10 per volwassene en R5 per skoolkind. Bring verkieslik kontant saam. Kom ondersteun die Herberg-kinderhuis op Robertson.





