Die promosieliga waarin die Wolseley-krieketklub se tweede span teen De Wet-krieketklub van Worcester gespeel het, het in sukses vir Wolseley geëindig met die spelers van dié Bolandse dorp wat skittervertonings gelewer het.
Leonard Prins het 118 lopies aangeteken (12×4), terwyl Emelio Snell 83 lopies (7×4; 2×6) aangeteken het.
Uitstekende boulsyfers van 6-0-9-4 deur Jacques Esau en 5-1-27-4 deur Franklin Mars was van die glanspunte van Wolseley se krieketaanbod toe die span met vier paaltjies gewen het.
’n Verdere glanspunt van die dag was Wolseley se boulers, soos Esau, wat uitstekende boulsyfers van vier paaltjies vir net nege lopies laat kantel het, asook vier vir 27 deur Mars en Audifion Davids met twee vir 29.
Slegs Jean-Jacques Scholtz (30; 5×4) en die kaptein van die krieketspan, Monray Langdon (15; 2×6), het dubbelsyfers behaal.
Wolseley, wat eerste gekolf het, het ’n indrukwekkende 329 vir vyf in sy 50 boulbeurte op die telbord geplaas.. De Wet-krieketklub het 195 lopies in 34,5 boulbeurte gehaal.


