Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se branddienste het Dinsdag steeds hul hande vol gehad nadat ’n verwoestende brand, wat by Kluitjieskraal naby Wolseley begin het en deur baie sterk wind aangehits is, in die rigting van Tulbagh beweeg het. Van daar het die vlamme oorgespring in die rigting van die Voëlvleidam. Hier is verwoesting gesaai toe 40 strukture, insluitend verskeie wonings naby die dam, asook die Voëlvlei-visvang-klubhuis, in puin gelê is. Meer as 6 000 hektaar veld is ook verwoes. Weens die stormsterk wind kon helikopters nie vroegoggend vlieg om die brand te help bestry nie. Vier brandbestrydingshelikopters is wel later die dag ontplooi, terwyl ’n algehele grondbemanning van 112 brandbestryders op die toneel was. Aktiewe brandbestryding het Maandag deur die nag voortgeduur, met die prioritisering van die inperking van die brandlyn en die beskerming van strukture.Foto:


Wolseley-brand verwoes Voëlvlei

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article