Die winter het die afgelope naweek weer sy kloue ingeslaan en ysige weer gebring met sneeuneerslae oor die hoogliggende gebiede van die omliggende berge van die Breederivier-, Hexrivier- en Witzenberg-vallei. Hoewel die geweldige stormwaarskuwings vooraf nie ’n werklikheid geword het nie, het ’n redelike kouefront wel getref. Die reënweer die afgelope naweek het bygedra tot verdere stygings van Wes-Kaapse damme se watervlakke, met die gemiddelde wat gister op 91,2% teenoor 89,8% ’n week gelede te staan gekom het. In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was dit 78,6% vol. Die Breederivier-opgaargebied pronk nou met 90,50% teenoor 79,62% in dieselfde tydperk verlede jaar. Die Brandvleidam is 75,55% vol in vergelyking met 51,43% in 2022, Kwaggaskloofdam 73,88% (50,43%), Stettynskloofdam 103,04% (100,75%)

Winter slaan sy kloue in

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article