Matthee, Hall, Van der Vyver en Associates (algemene praktyk van Ou Mutual) in samewerking met Standard Breederivier Gazette gaan weer eens volgende jaar op soek wees na legendariese mense van die vallei.
Nie net sal die room van die Breedevallei vereer word nie, maar ook dié van die Langebergstreek.
Old Mutual wil mense wat ’n invloed op die lewe van mense in die valleie gehad het of steeds het, vereer en op dié manier ander inwoners aanmoedig om hul deel te doen om die gemeenskap te bou.Wat is die riglyne om potensiële bekendes in die Breederiviervallei te nomineer?. Die kandidaat moet in die gebied van die Breedevallei- en Langeberg-munisipaliteite woon.. Die benoemde moes ’n ekonomiese of maatskaplike invloed op die gemeenskap gehad het of steeds hê.. Mense van verskillende beroepe of sektore soos onderwys, sake, sport of landbou kan benoem word.. Die kandidaat moet ouer as 50 wees.
’n Gala-dinee ter ere van die bekendes sal na afloop van die soektog in Worcester gehou word.
Die volle besonderhede van die Legendes van die Vallei sal vroeg volgende jaar bekend gemaak word, waarna nominasies ingewag word. Sit dus jul dinkpette hierdie feestyd op en wees op die uitkyk volgende jaar vir verdere besonderhede oor hoe om jou bekende in te skryf.




