Die Genius Learning Academy, ’n vroeëkinderontwikkelingsentrum, het Saterdag 30 September ’n Genius Science-dag gehou. Die kleintjies en hul ouers het saam-saam aan projekte gewerk en is dan beoordeel deur drie beoordelaars – Hilton Marais, Grant Visagie en Natalie Cupido. “Die hoofdoel is om wetenskap in geheel aan ons kinders van ’n jong ouderdom af bekend te stel, sodat wanneer hulle in die laerskool kom, hulle reeds bekend is met die basiese reëls van wetenskap, byvoorbeeld deur die periodieke tabel en die elemente se name en hul afkortings te ken, asook bewusmaking van eksperimente en hoe wetenskap werk,” het Carlin Wentzel van die akademie gesê. Foto:

Credit: SYSTEM

Wetenskaplikes vroeg opgelei

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article