Skole in alle onderwysdistrikte is wel oop op 15 Julie, tensy toestemming verleen word om die skool tydelik te sluitFoto:


Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is tans besig om die skade aan skole te assesseer wat veroorsaak is as gevolg van vandeesweek se storms.

299 skole in die provinsie het nou een of ander vorm van skade of ontwrigting aangemeld, met 121 skole wat as dringend beskou word. 30 skole het in die afgelope 24-uur versoek om te sluit as gevolg van oorstromings of strukturele skade.

Onderwysdepartement woordvoerder, Bronagh Hammond, het gesê dat die departement se infrastruktuurspan hard werk om elke navraag so gou as moontlik aan te spreek.

“Die aanhoudende reën en winde bemoeilik egter sake. Skole in alle onderwysdistrikte is wel oop op 15 Julie, tensy toestemming verleen is deur die hoof van die departement om die skool tydelik te sluit. In hierdie gevalle sal die skool direk met die betrokke ouers kommunikeer.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article