“Dit is vir my ’n voorreg om hulde te bring aan Koos Jacobs voor sy aftrede ná 44 jaar diens. Dit is die langste diensjare wat nog deur ’n werknemer van ons munisipaliteit behaal is,” het dr. Elna van Schlicht, die uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, by die oorhandiging van Jakobs se langdienssertifikaat op die raadsvergadering op 23 Februarie in Worcester gesê.

Jacobs is op 1 Februarie 1979 op 18-jarige ouderdom as tegniese opmetingshulpwerker by die voormalige afdelingsraad aangestel.

In 1983 is hy tot die afdeling tegniese hulp bevorder, waarna sy loopbaan gevorder het tot senior en algemene drywer in 2014.

Hy is die pa van drie kinders en hou van fietsry, visvang en tuinbou.

“Ek is dankbaar vir my toesighouers wat my altyd aangemoedig het en ek is baie lief vir my werk,” het hy gesê.

In sy aftrede gaan Jacobs sy stokperdjies beoefen, maar het genoem dat hy effens bang is vir die lewe sonder ’n doel om vir die dag op te staan.

“Ek wens mnr. Jacobs vreugde met hierdie tweede deel van sy lewe toe!” het die burgemeester afgesluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article