Die o.20 Wêreldbeker-rugby het die afgelope naweek afgeskop met uitstaande vertonings deur junior rugbyspanne van oor die wêreld heen.
Daar was goeie en ook ’n paar nie-so-goeie oomblikke vir Suid-Afrika, die Baba-bokke, in hul oorwinning van 33-23 oor Georgië die naweek in die Danie Craven-stadion op Stellenbosch.
Die Bokkies het met die rustyd ’n voorsprong van 20-7 gehad, maar Georgië toegelaat om die gaping na 18-20 te verklein, voordat hulle weer daglig tussen hulself en hul Europese teenstanders geplaas het.
In die Paarl het Ierland teen Engeland by die Hoërskool Gimnasium in ’n naelbytstryd gespeel wat die twee spanne gelykop sien eindig het – op 34-34.
Argentinië het Italië behoorlik pak gegee met 43-15 en Wallis en Nieu-Seeland het ’n kop-aan-kop-wedstryd gehad met die Kiwi’s wat net-net 27-26 gewen het.
Hierdie week se wedstryde:
29 Junie:
. Australië t. Ierland – Paarl Gimnasium: 11:00
. Frankryk t. Nieu-Seeland – Paarl Gimnasium 13:30
. Wallis t. Japan – Danie Craven-stadion, Stellenbosch: 14:00
. Suid-Afrika t. Italië – Paarl Gimnasium: 16:00
. Argentinië t. Georgië – Danie Craven-stadion, Stellenbosch: 16:30
. Engeland t. Fidji – Danie Craven-stadion, Stellenbosch: 19:00
4 Julie:
. Italië t. Georgië – Paarl Gimnasium: 11:00
. Ierland t. Fidji – Paarl Gim: 13:30
. Australië t. Engeland – Athlone-stadion: 14:00
. Nieu-Seeland t. Japan – Paarl Gimnasium: 16:00
. Frankryk t. Wallis – Athlone-stadion: 16:30
. Suid-Afrika t. Argentinië – Athlone-stadion: 19:00


