’n Leser het die kans om twee inskrywings te wen vir die SPAR Virtual Challenge-wedloop.


’n Gelukkige Standard-leser het die kans om twee inskrywings vir die SPAR Women’s Virtual Challenge-wedloop, wat op 3 September plaasvind, te wen.

Boonop het die organiseerders ’n paar vuurwarm pryse ingebring as aansporing vir groepe om so veel mense as moontlik vir vanjaar se virtuele wedloop in te skryf.

Die SPAR-wedloop is een van die gewildste en mees inklusiewe geleenthede op die jaarlikse wedloopkalender, en die 2022 Virtual Challenge wil nou nog meer mense motiveer om in te skryf.

Organiseerders daag mense uit om hul kollegas, mense in hul woonbuurt, skool, hardloopklub, vriendekring of organisasie uit te daag om in te skryf.

SPAR het ses groepe geïdentifiseer wat sake gaan uitspook om te kan spog met die meeste deelnemers vir vanjaar se virtuele uitdaging.

“Hierdie groepe vervul almal ’n integrale rol in die Suid-Afrikaanse samelewing – van die dryfkrag van die ekonomie, die aanmoediging van ’n gesonde leefstyl tot bystand aan die kwesbares in ons gemeenskappe,” sê Retha Ingenbleek, die wedloop-organiseerder. “Ons hoop om hulle almal deur hierdie uitdaging bymekaar te bring en sodoende hul bydrae tot die bou van ’n beter land te vier.”

Die verskillende groepe sal unieke aanlyn skakels met so veel lede moontlik kan deel om vir vanjaar se geleentheid in te skryf om hulle te help wen. Enigiemand wat via die unieke skakel inskryf, sal vir die klub, maatskappy, organisasie of deelnemer se inskrywing vir die kompetisie tel.

Die ses groepe en die pryse waarvoor hulle gaan meeding, is:
. Vroue – As jy 50 ander mense kan kry om by die geleentheid aan te sluit, sal jy ’n pragtige persoonlike koffiebeker ontvang. As jy 100 bereik, stuur SPAR vir jou ’n DIVA-uitrusting vir die wedloop. . Inwoners van veiligheidslandgoedere wat in groepe inskryf, kan R5 000 se SPAR-koopbewyse vir die hele landgoed wen.. Hardloopklubs wat in groepe inskryf, kan R20 000 wen. Maatskappye kan R10 000 se SPAR-koopbewyse wen.. Twee skole staan ??’n kans om R10 000 elk te wen. . Instansies soos liefdadigheidsorganisasies kan R2 000 per maand se SPAR-bewyse vir ’n jaar wen. . Om in te skryf: sparvirtualchallenge.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article