Die moordsaak waarin ’n vuurwapeninstrukteur van Worcester na bewering ’n 29-jarige informele skrootversamelaar in 2018 in die nywerheidsgebied doodgeskiet het, is onlangs weer in die Worcester-landdroshof aangehoor.
Elton Weise (47), wat van die moord op Johannes Jacobs aangekla is, het Maandag 8 Augustus weer in die hof verskyn.
Weise word daarvan beskuldig dat hy Jacobs op 20 Julie 2018 in die nywerheidsgebied doodgeskiet het.
Volgens Weise het hy dit in selfverdediging gedoen.
Weise het verlede jaar, nadat die staat sy saak gestel het, aansoek om ontslag gedoen.
Die staat het dit egter teengestaan.
Weise moet weer Vrydag 9 September in die hof verskyn, wanneer die verhoor hervat word.



