Gurshwin Wehr, ’n bekende Worcesteriet en oud-leerder van Worcester Gimnasium, het van 3 tot 5 Maart in Vancouver as deel van die Kanadese Sewestoernooi vir die Blitsbokke se sewespan uitgedraf. Dié kranige rugbyspeler was as vleuel op die veld toe die Blitsbokke in die B-groep meegeding het. Suid-Afrika het 13de geëindig nadat hy Japan 19-7 geklop het. Wehr het die afgelope paar maande saam met die Blitsbokke geoefen en tydens die Seweskampioenskap in Kanada die kans gekry om sy staal te wys as ’n plaasvervanger vir Masande Mtshali, wat weens ’n besering opsy moes staan. Wehr het in 2022 vir die Griffons-rugbyspan in Welkom gespeel, waar die span daarin geslaag het om die Curriebeker se Eersteligatitel te wen. Wehr was ook deel van Suid-Afrika se 7’s A-groep wat verlede seisoen in die eindstryd van die Doebai-Sewestoernooi gespeel het.


Wehr draf uit vir Blitsbokke in Kanada

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article