Byna ongekende swaar reën vir hierdie tyd van die jaar het sedert verlede Donderdag oor die Vallei uitgesak. Maandag het riviere vol geloop en met nog reën wat vir vandag (Donderdag 27 April) voorspel is, behoort damme se watervlakke goed te styg. Die Rawsonville-gebied het die afgelope week 70 mm reën aangeteken en Worcester 28,5 mm. Die Breederivier-opgaargebied se watervlakke staan tans op 50,14% teenoor die 49,51% van verlede week. Plaaslike damme se watervlakke het gestyg: Theewaterskloof 55,46% (55,39%), Brandvlei 39,85% (38,96%), Kwaggakloof 39,38% (39,12%), Stettynskloof 71,31% (64,30%) en Lakenvlei 83,62% (83,55%). Na alle waarskynlikheid behoort hierdie vlakke aanstaande week nog te styg namate water steeds na damme op pad is. Op die foto is die pragtige gesig van die Breederivier naby Rawsonville, wat Maandagmiddag goed gevloei het.Foto: Lise Beyers


Water, water, oral net water

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article