Volgens die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement kan inflammasie wat deur Lupus veroorsaak word byna enige deel van die liggaam beïnvloed, insluitend die vel, gewrigte, bloedvate, hart, niere, brein en longe. Normaalweg help die immuunstelsel om die liggaam teen infeksie te beskerm, maar met lupus produseer die immuunstelsel outo-teenliggaampies en val dan gesonde selle en weefsel aan.

“Mans, vroue en kinders, ongeag hul ras of etnisiteit, kan Lupus ontwikkel, maar dit is meer algemeen by vroue tussen 15 en 45 jaar oud. Daar is vier verskillende tipes lupus naamlik kutane lupus erythematosus, dwelm-geïnduseerde lupus erythematosus, neonatale lupus en die mees algemene tipe, SLE,”

Die departement voer aan omdat lupus soveel verskillende organe kan beïnvloed, kan ’n wye reeks simptome voorkom. Almal reageer en toon ander simptome, wat kan wissel van lig tot ernstig. Die mees algemene simptome van lupus is uiterste moegheid, hoofpyn, koors, pynlike geswelde gewrigte, bloedarmoede, swelling in hande, voete of om oë, vlindervormige uitslag oor die wange en neus, haarverlies, abnormale bloedstolling, asook mond- en neussere.

Die diagnose van lupus is moeilik omdat die tekens en simptome daarvan dikwels dié van ander kwale naboots, en geen twee gevalle van lupus is dieselfde nie. Daar is geen enkele toets vir lupus nie, en die diagnose word gewoonlik gemaak op grond van die simptome (mediese geskiedenis) wat deur die pasiënt verskaf word, omvattende fisiese ondersoek deur die dokter, en radiologie en ’n spesiale laboratoriumtoets wat die outo-teenliggaampies en inflammasievlakke meet.


V Vroue en mans wat ly aan Lupus kan Andrea’s Gift Foundation ’n nie- winsgewende pasiëntvoorspraak-organisasie se Facebookblad en webtuiste besoek vir ondersteuning met die siekte

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article