’n Vullisverwyderingsvragmotor van die Breedevallei-munisipaliteit het Saterdag (14 Januarie) om 08:20 in Riebeeckstraat aan die brand geraak. Volgens Nathan Petersen, waarnemende stasiebestuurder by Worcester se brandweerstasie, was die brand aan die beginstadium en het ontstaan as gevolg van foutiewe bedrading wat aan die brand geraak het. “Die bestuurder het na die brandweerstasie gehardloop omdat dit net oorkant die pad was,” het Petersen bygevoeg. Dit het tussen net vyf en ses minute geneem om die brand te blus. Niemand is in die proses beseer nie. Volgens André Hazen, ’n inwoner van Worcester, het hy ook dié gebeurtenis aanskou toe hy op sy fiets verbygery het en ’n ligte ontploffing waargeneem waarna vlamme uit die onderkant van die vragmotor geskiet het.’n Video van die voorval is op Worcester Standard se Facebook-blad te sien.Foto: Ismail’s Towing

Credit: SYSTEM

Vullistrok vat vlam voor brandweerstasie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article