Talle boksers het Saterdag by die Wynlande se amateur-bokstoernooi by Mbekweni tussen die Paarl en Wellington ’n eerste proesel in die kryt beleef. Die geesdrif het hoog geloop en heelwat talent het na vore getree. Die Power Punch-klub in Montagu het die eerste keer in drie jaar amateur-boksers opgelewer. Die spanbestuurder, Roscoe Pekeur, sê die klub het al aan verskeie White Collar-toernooie deelgeneem, maar Saterdag was dit die eerste keer dat die klub in die amateur-kryt verteenwoordig is. Boonop het twee van die drie met goue medaljes weggestap. Hulle is Tashinga Chiwoto (15) en Miguel van Wyk (16), albei van Ashton Sekondêre Skool. Alliandro van Wyk (13) van W.A. Rossouw Primêr het die silwermedalje gewen. Die toernooi is goed bygewoon en het opnuut gewys die streek is uitgehonger vir meer toernooie. Onder die genooide gaste was die WP-president, Andrew Phokeng, en Lorenzo Arendse, voorsitter van die Wynlande-sportraad. Van links is Miguel van Wyk, die afrigter Steven Shidziwa, Alliandro van Wyk, Tashinga Chiwoto en Roscoe Pekeur. Foto: Verskaf


Vuiste klap by boksklub

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article