Bonnievale Vryburgers het by ’n geselligheid by die Hoërskool Bonnievale op Dinsdag 4 Junie altesaam R30 000 aan die gemeenskap uitgedeel. Die geld is onder meer uitgedeel aan Huis Herfsvreugde, Mooivallei Dienssentrum, Happy Valley Dienssentrum, Bonnievale Outismesorgsentrum, Kruishuis, Lammeroes, Swellendam DBV en nog ’n paar Primêre Skole in die Bonnievale-gebied. Bonnievale Vryburgers se bestuur wil graag van die geleentheid gebruik maak om baie dankie te sê aan al sy lede – “veral die vroue wat ons met al die projekte deur die jaar help”. Die bestuur wil ook hartlik dankie sê vir al die borge wat hulle ondersteun en dit moontlik maak om elke jaar geld te kan uitdeel. “Bonnievale Vryburgers dien ons gemeenskap met vreugde.”Foto:


Vryburgers wys hulle gee om met skenking

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article