Om Vrouemaand te begin, het lede van die Worcester-polisie tesame met ander rolspelers Dinsdagoggend tienuur ’n gebedsbyeenkoms voor die polisiekantoor gehou. Verskeie verteenwoordigers van verskillende denominasies het ook die Woord met die teenwoordiges gedeel. Verskeie ander geleenthede, wat oor Vrouemaand sal handel, word vir Augustus beplan. Die polisiekantoor se bevelvoerder, brig. Mkhuseli Nkwitchi, het gesê hulle ervaar ’n afname in klagtes wat deur vroue aangemeld word, maar dit beteken nie dat minder vroue onder geweld en misdaad deurloop nie. Dit kan wel ’n geval wees waar vroue te bang is om klagtes teen hul aanvallers aan te meld “en dit op sigself is uiters kommerwekkend”. Foto: Tamsyn Jantjies


Vrouemaand begin

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article