Johannes Fourie se vrou soek al vir vyf jaar na hom.

Credit: Tamsyn Jantjies

’n Vrou van Worcester is al vir die afgelope vyf jaar op soek na haar man.

Annelene Fourie vertel sy en haar man, Johannes, was vir vier maande getroud voor hy vermis geraak het.

“Ons het hier op Worcester getrou. Daarna het ons na Christiana in die Noord-Wes getrek. My man het by ’n sekerheidsfirma gewerk en het toe later bedank. Dis toe hy Kaap toe is om sy geld te gaan kry en toe net vermis geraak het. Ek is raadop en wil hom graag vind,” verduidelik Annelene.

Enigiemand met inligting oor waar Johannes Fourie hom bevind kan haar by 072 725 1795 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article