Die stadsaal se dak het die afgelope week omtrent gelig toe Worcester Gimnasium na die verhoog teruggekeer en sy Abba-produksie fABBAlous!opgevoer het. Dié skouspel van dans, soliste, sanggroepe, dramatiese dialoog, ’n baie professionele orkes in lewende lywe en die koor van 140 lede teen die agtergrond van die asemrowende dekor van Artscape-gehalte, soos ontwerp deur die Hugo Naudé Kunssenstrum, het die gehoor se tone van die lekkerkry laat krul. Soos almal Worcester Gimnasium nou al ken, is die laaste aand met ’n staande toejuiging en die bekende “School in Union”, Worcester Gimnasium se pragtige tweede skoollied, afgesluit.Foto:


Voulez-Vous, dit was fABBAlous!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article