Breëriviervallei Botteleringkoöperasie spesialiseer in die bottelering en verpakking van wyn, vonkelwyn en druiwesap.

Foto:
Rick Marais

Die Breëriviervallei Bottelering-koöperasie (BBK) in Hoog Straat is sedert 1975 een van die grootste botteleringsaanlegte dié kant van die berg.

Die BBK spesialiseer in die bottelering en verpakking van wyn, vonkelwyn en druiwesap asook die filtrering en koud-stabilisering van wyn.

Met voortdurende belegging in voorpunt botteleringtegnologie, beskik BBK ook oor die vermoë om hul kliënte van topgehalte diens te voorsien. Nie net is hul spesialiste in die bottelering van wyn en verwante produkte nie, maar hulle is ook gerat om tegniese insette met hul kliënte te deel met konsep verpakkingsontwikkeling.

Wyn ontledings word ook gedoen deur ’n toegewyde laboratorium-span wat die hele spektrum van die ontledings dek. Die BBK-laboratorium beskik oor internasionaal-aanvaarde akkreditasie vir spesifieke ontledingsmetodes.

Klop gerus by BBK aan vir gespesialiseerde wyndienste

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article