Dinge begin nou ’n interessante wending neem met die voorlopers in die Grootuitdaagbeker-rugbyreeks van die Boland-streek, wat nou al meer die wind van voor kry.

In die Langeberg-afdeling van die Grootuitdaagbeker het Worcester Villagers vriend en vyand verras deur die voorlopers en verlede seisoen se kampioenspan, Rangers Robertson, ore aan te sit.

Saterdag (20 Mei) speel Rangers Robertson tuis teen Ashton United terwyl Montagu besoek van die Young Hamiltons ontvang.

Die Proteas-rugbyklub van De Doorns speel teen Robertson Town, terwyl Worcester Perseverance in die Esselenparkstadion die gasheer vir Montagu Villagers is.

Bonnievale Blue Birds ontvang besoek van Worcester Villagers terwyl Swellendam ná ’n paar taai wedstryde ’n loslootjie geniet.

In die Breërivier-afdeling van die kompetisie speel Touwpark (Touwsrivier) tuis teen Alberts, terwyl Rawsonville United van Primrose besoek ontvang.

Overhex geniet welverdiende tuisveld-voordeel teen Klipdrift van Rawsonville, terwyl Orchard (van die Hexriviervallei) besoek ontvang van De Doorns United.

Villagers Breërivier speel tuis teen Mountain Stars (De Doorns).

Verder speel Rooiberg United (van Rooiberg) tuis teen McGregor terwyl die Buffalo’s besoek ontvang van die De Hoop Rangers, ’n landelike span van De Hoop.

United Stars van die KOO-handelsmerk ontvang besoek van Suurbraak (in Suurbraak) terwyl Young Good Hopes van Ashton besoek ontvang van Bonnievale United.

Die Young Turbo’s van Keisie buite Montagu speel tuis teen die Blue Swallows van Montagu.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article