’n Winkel is Woensdagoggend in puin gelê toe die gebou deur vlamme verswelg is. Volgens inligting het die brand omstreeks 05:25 in die Almodina Supermarket in Durbanstraat, Worcester, begin. ’n Weldoener wat in die masjied daar naby was, het onmiddellik ingespring om te help en ook die brandweerdienste in kennis gestel. Blykbaar is niemand tydens die brand beseer of dood nie. Dit is in hierdie stadium nog onduidelik wat die brand veroorsaak het. Foto: Luciano du Toit


Vlamme verswelg supermark

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article