Vlakkiekrieket word weer volgende week hervat. Ná ’n twee-maande rustyd is spanne weer hard besig met voorseisoenwedstryde. Die 16 spanne het gister (Woensdag) bymekaar gekom om die loting te doen, wat waarskynlik ’n Pro-20-toernooi gaan wees. By die loting is die finale reëls van die kompetisie op die vergadering deurgegee asook die registrasiegelde per span. Hierdie kompetisie sal nie onder die vaandel van die Worcester-gemeenskapskrieket-unie plaasvind nie, maar sal deur ’n komitee wat deur die onderskeie klubs saamgestel is, georganiseer word. Enige span is welkom om deel te neem. Vir meer inligting kan die volgende mense gebel word: David Smith by 079 999 7998, Nigel Wildeman by 082 222 8683, Shaheen le Roux by 078 839 7225, Tummy Booysen by 079 187 1066 en Wilfred September by 084 472 8300. Die span van View Pro, by sy laaste wedstryd verlede jaar, is gereed vir dié seisoen. Foto:


Vlakkiekrieket weer beplan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article