Agter op die foto van links is Jacques van Graan, Danie Wilmot, Piet Hugo, Johan Stander, Johan Coetzee en Peppie van Tonder. Voor is Tiaan Coetzee.

Credit: SYSTEM

Deelnemers aan Brandvlei-hengelklub se kompetisie die afgelope Saterdag (19 Augustus) in hul tuiswaters het heelwat opwinding opgelewer.

Die visse het op ’n sonnige, windlose dag fluks gebyt, en die hengelaars moes bontstaan om hulle aan te keer.

Die wenner, Jacques van Graan, het 37 visse (30 kg) gevang, en was nie net die A-sone se wenner nie, maar ook die wenner van die meestersafdeling en ook die algehele wenner van die dag.

In die A-sone was Johan Stander en Piet Hugo onderskeidelik tweede en derde.

Danie Wilmot (24 visse) het die B-sone, asook die veterane-afdeling, gewen, terwyl Johan Coetzee die tweede plek behaal het, en Peppie van Tonder die derde plek en ook die tweede plek in die veterane-afdeling.

Tiaan Coetzee het koning gekraai in die junior-afdeling.


’n Positiewe teken is die groot aantal witvis wat gevang is om­dat dié vis ’n bedreigde spesie is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article