Agter van links is Perrie Snyman, Danie Wilmot, Jaco Bothma, Piet Hugo, Johan Coetzee en Johan Standard. Voor staan Tiaan Coetzee.


Die Brandvlei-hengelklub se hengelkompetisie is Saterdag (27 Mei) by die Artois-dam buite Wolseley gehou.

Hoewel dit ’n windlose en sonskyndag was, was die water ysig, maar dit het immers nie die karpe afgeskrik nie. Dié visse was maar van gemiddelde grootte, en nie een is as die swaarste vir die dag ingeweeg nie.

Die dag het weer aan Danie Wilmot (28 visse; 17,6 kg) behoort.

Hy het nie net die B-sone gewen nie, maar ook die veterane-afdeling, en is boonop ook as die algehele wenner van die dag gekroon.

Johan Coetzee (19 visse) en Piet Hugo (sewe visse) was onderskeidelik tweede en derde in hierdie afdeling.

Coetzee was ook die dag se wenner in die senior afdeling.

In die A-sone het Pierre Snyman (16 visse van 12,1 kg) die beste gevaar en algeheel tweede in die veterane-afdeling geëindig.

Johan Stander (nege visse van 7,5 kg) was tweede in hierdie afdeling.

Tiaan Coetzee (sewe visse en 4,8 kg) het die penkop-afdeling gemaklik gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article