Lede van die Villagers RVK-rugbyklub word uitgenooi na vandag (Donderdag 24 November) se jaarvergadering, wat om 19:00 by die Calvary kerk in Hexpark, Worcester, sal plaasvind.

Die doel van dié vergadering is om weer ampsdraers te verkies, bestuursjaarverslae te bespreek, mosies en grondwetlike veranderinge te oorweeg en addisionele aanbevelings aan te hoor.

Belangstellendes moet kennis neem dat die verkiesing van ampsdraers op individuele basis geskied met geen groepbenoemings wat aanvaar sal word nie.

Slegs lede wie se ledegeld teen 31 Mei 2022 inbetaal was, en wat reeds ses maande lid van die klub is, mag hulle as ampsdraers verkiesbaar stel en is stemgeregtig. . Kontak die waarnemende voorsitter, Zakirieyah Don, by 083 718 1316 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article