Die Worcester Villagers se wenspan.Foto: Alisen Plaatjies

Credit: SYSTEM

Villagers Worcester, of te wel Villa, het die afgelope Saterdag (22 Julie) in Swellendam in die Powellstadion seker gemaak dat die span volgende seisoen weer in die mededingende grootuitdaagliga sal meeding toe hulle Swellendam op hul tuisveld met 40-19 geklop het.

Villa, wat ses pragdrieë in die proses aangeteken het, het ook daarmee ’n ekstra bonuspunt verseker en staan tans op 30 punte met nog sewe wedstryde oor waarvan slegs twee wedstryde, teen Robertson-Rangers en Town, wegwedstryde is.

Vir Villa het die vleuels Wayne Plaatjies en Cubitt Michaels, haker Andrick Vyfers, Romeo Eksteen (skrumskakel), Sergio van Rhyn (flank), en Edward Haas (agsteman) agter die Swellendammers se doellyn gaan kuier, terwyl Austin Hendricks (losskakel) met vyf uit ses doelskop-pogings suksesvol was.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article