Worcester Villagers het verlede week sy rugbyspelers ná ’n uitstekende rugbyjaar vereer.Foto:


Worcester Villagers het Vrydag (13 Desember) sy presteerders vir hul bydrae tot die suksesse van die klub in 2024 tydens ’n spoggeleentheid vereer.

Ná ’n paar moeilike seisoene het Villa vanjaar ’n baie suksesvolle seisoen gehad. Villa het vriend en vyand verras deur met passie en deursettingsvermoë tot die eindstryd van vanjaar se Top-12-kompetisie te vorder. Villa het egter net-net (31-29) teen sy bure, Robertson Town, verloor.

In die eerste span is die skitterende voorry-kombinasie van Andries de Kock en Anele Zingitwa as Voorspelers van die Jaar gekroon. Jarian de Klerk is as Agterspeler van Jaar aangewys, met Enrico Jacobs as die algehele wenner in al twee dié afdelings.

Carick Kustoor is as Jong Speler van die Jaar aangewys, en Johannes Geldenhuys is vir sy bydrae en opofferings beloon.

Jubelian Titus is as die mees gevorderde speler vereer, Mario Marinus as die mees gedissiplineerde speler, Wayde Anders en die kaptein, Enrico Daniels, albei as kaptein van die tweedespan-ligawenners, Ambrose Steyn vir die meeste ligapunte en Cubitt Micheals vir die meeste drieë. Gurshwin Africa is as Top-12-speler en ook as Speler van die Jaar aangewys, terwyl Mandy Lottering vir haar bydrae as fisioterapeut vereer is.

Die hoogtepunt van die geleentheid was toe die kaptein, die gewilde Edward Haas, as Sportman van die Jaar aangewys is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article