Worcester Villagers (Villa) het die afgelope Saterdag (24 Junie) teen Montagu Villagers (6 Duim) in Montagu gespeel en 35-43 verloor. Op die foto is Sergio van Rhuyn (agsteman) wat met die bal in die hand deur ’n ry Montagu-spelers probeer breek. Die Villa-spelers wat die drieë aangeteken het, was Sergeyodei Uys (stut), Christopher Abrahams (slot), Austin Hendricks (losskakel) en Michiel Coetzee (reserwe stut), terwyl Hendricks ook drie doelskoppe en drie strafskoppe oorgeskop het.Foto: Alisen Plaatjies


Villa loop hom teen 6 Duim vas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article