’n Vrou van Worcester het skuld beken dat sy ’n man vermoor het omdat hy haar ’n “Vigsgat” genoem het.
Die voorval het op 6 Februarie 2021 in die Roodewal-woonstelle plaasgevind.
Volgens die hofdokumente het Berenice de Vos na die slagoffer, Jacob Jansen, se woning gegaan om bier te koop.
Luidens die hofstukke het De Vos erken die kruwoorde van die slagoffer het haar kwaad gemaak. Sy het toe ’n mes uit haar sak gehaal en hom een keer in die bors gesteek. Sy het ook erken dat sy daarna huis toe gegaan het en dat sy later in kennis gestel is dat Jansen weens die steekwond dood is.
De Vos het na haar inhegtenisneming reeds skuld beken en het haar volle samewerking gegee.
Sy is tien jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is.




