Die View of Hope-sokkerspan van Worcester het die nuwe jaar met ’n oorwinning van 6-0 begin toe hy Saterdag (14 Januarie) op Esselenpark teen die Newton’s van Stellenbosch gespeel het. Die spelers van die wedstryd was Junaid Pietersen en Jarryd Moses. Die wedstryd het in bloedig warm toestande begin en van die afskop af het View of Hope gewys hulle wil die jaar goed begin. Binne die eerste vyf minute van die wedstryd het Jueyren November die telbord vir Worcester met ’n kanonskoot 1-0 gelaat. Die telbord het vir ’n rukkie daar vasgesteek totdat Jonathan Prins (kaptein) die stilte verbreek het met twee vinnige doele wat die telbord na 3-0 laat rol het. Kort voor rustyd het Kelvin Butland View of Hope se vierde doel aangeteken, wat dié sokkerspan in volle beheer van die wedstryd gebring het. Ná rustyd het View of Hope behoorlik die besoekers se tonge met uithalerspel laat klap toe hulle nog twee doele aangeteken het wat die telling tot 6-0 gebring het.Foto: Jana Scheepers


View of Hope maak Stellenbosch moeg

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article