Die View of Hope-sokkerklub in Worcester het ’n plaaslike sokkertoernooi op 15 April op die been gebring waarin verskeie skoolleerders kan deelneem. Volgens Efriam de Bruyn, een van die afrigters van die View of Hope-klub, sal hierdie toernooi ’n jaarlikse byeenkoms wees. Altesaam ses o.11-, vier o.13- en ses o.15-sokkerspanne het teen mekaar gespeel. Die Double Foot Shooters was die wenners van die o.11-afdeling. Hul ouer spanmaats, die Double Foot Shooters in die o.13-afdeling, en View of Hope se eie span in die o.15-afdeling (foto) het ook gespeel.

Credit: SYSTEM

View of Hope hou toernooi

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article