’n Klompie gr. 7-leerders van Victoria Park Primêre Skool in Worcester het verlede Dinsdag (23 Mei) in die Bo-Kaap-teater opgetree, waar hulle William Shakespeare se King Lear in die Shakespeare-skolefees opgevoer het. Dié 17 leerders het maande lank geoefen en talle vakansiedae en naweke opgeoffer om hul liefde vir toneelspel uit te leef. Volgens Neville Wentzel, die regisseur van die toneelstuk, neem die skool sedert 2014 elke jaar deel aan die Shakespeare-skolefees, wat gestig is om ’n liefde vir Shakespeare onder leerders te kweek. Inge Neethling, die skeppende kunste-onderwyser vir gr. 6-leerders by die skool, het Wentzel in die produksie bygestaan. Sy het ook verduidelik die skool het rekwisiete en kostuums by ander skole in die dorp geleen en ook self toerusting gekoop. Enigiemand wat dramatoerusting aan Victoria Park Primêre Skool wil skenk, kan die skool by 023 342 0770 skakel.Foto: Jana Scheepers


Victoria Park op Kaapstad-verhoog te sien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article