Die spelers van Viccies met die onderskeie bekers en trofeë wat hulle by die prysuitdeling ontvang het.

Credit: SYSTEM

Worcester Victorians-krieketklub het Vrydag 10 Junie sy prysuitdeling gehou.

Hierdie spoggeleentheid is gelei deur George Paulse van Boland-krieket, wat ook die gasspreker was.

Onder die gaste was eerwaarde Eugene Truter, Vernon Bedworth (Breedevallei-munisipaliteit) en Celeste Stoffels van DCAS.

Die spelers van Viccies is vir hul uitstekende seisoen wat hulle agter die rug het, vereer.

Nie net het hulle die 50-boulbeurt- kompetisie in hul afdeling onoorwonne afgesluit nie, maar ook die eindronde teen Caledon gewen wat hulle dus ’n plek vir volgende seisoen in die Promosieliga verseker het.

Die bekerwenners vir die seisoen is:. Dean Saaiman – Opkomende speler van die jaar;. Alreec Conradie – Mees toegewyde speler;. Derrick Solomons – Beste bouler;. Rumark Wildskut – Beste kolwer asook Sportman van die jaar;. Lorenzo Wildskut – Mees veelsydige speler;. Peter Verhoog – Spelers se speler van die jaar;. Ettienne Klein – Speler van die eindronde.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article