Die Victorians het Saterdag op sy tuisveld met 44 lopies gewen. Foto:


Die Worcester Victorians-krieketklub het Saterdag die Malmesbury-krieketklub die knie laat buig.

Malmesbury se kaptein het die loot gewen en besluit om die manne van Victorians in te stuur om eerste te kolf. Victorians is almal vir 147 in hul toegelate 50 boulbeurte uitgeboul.

Die uitblinkers met die kolf vir Malmesbury was Curtley Benjamin met 31/47; die spankaptein Warren Nimrod met 24/45 en die veteraan Gert Wildskut met ’n waardevolle 21/49 nie uit nie.

Die manne wat die paaltjies vir Malmesbury laat kantel het, was Sergio Rooms met 4-16-9.5, Ashwin Welkom met 2-27-8 en Donovan Dudley met 1-24-10.

Malmesbury het hierna gaan kolf en is almal kleedkamer toe gestuur vir net 103 lopies in 32.4 boulbeurte, wat aan die manne van Viccies ’n oorwinning van 44 lopies besorg het.

Vir Malmesbury het Llewellyn Koopman 27 lopies van 27 balle aangeteken terwyl Marlow van Wyk 20 lopies van 24 balle gemoker het.

Dit was egter die kaptein, Warren Nimrod, en die jong Gareth Wildskut wat verwoesting met die bal gesaai het.

Wildskut het vyf paaltjies vir 29 lopies in 6.4 boulbeurte geneem en Nimerod vier paaltjies vir slegs 22 lopies in 10 boulbeurte.

Viccies het met die oorwinning verseker hy sal volgende seisoen weer in die Promosieliga speel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article